| cliché [boodskap #133736] |
Vr., 25 September 2020 09:48 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24061 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
cliché
Afbreking: cli•ché
Selfstandige naamwoord: cliché
Meervoud: clichés
Verkleinwoord: clichétjie
Meervoud van verkleining: clichétjies
Betekenis:
• 'n Frase wat baie of buite konteks gebruik word, sodat die impak en betekenis daarvan verlore gaan. 'n Afgesaagde, holruggeryde uitdrukking of geykte segswyse.
Gebruik:
• Dit klink soos 'n cliché, maar dis die klein dingetjies in die lewe wat tel.
Afgelei:
• clichéagtig
• clichéstyl
• clichétaal
Vertaling:
Engels: cliché, cliche
Nederlands: cliché
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|