spioen [boodskap #133721] |
Thu, 24 September 2020 18:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
spioen
Afbreking: spi•oen
Selfstandige naamwoord: spioen
Meervoud: spioene
Verkleinwoord: spioentjie
Meervoud van verkleining: spioentjies
Betekenis:
• Iemand wat spioeneer. Persoon wat geheime dinge probeer uitvind.
Gebruik:
• James Bond is 'n fiktiewe spioen in die romans van die Britse skrywer Ian Fleming.
Sinoniem:
• agent
• bespieder
• informant
• luistervink
• mol
• verkenner
• verklikker
Afgelei:
• polisiespioen
• spioenasie
• spioenbaas
• spioeneer
• spioenering
• teenspioen
Vertaling:
Engels: spy, scout
Nederlands: spioen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|