optika [boodskap #133716] |
Thu, 24 September 2020 12:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
optika
Afbreking: op•ti•ka
Selfstandige naamwoord: optika
Meervoud: –
Betekenis:
• Die wetenskaplike studie van sig en die eienskappe van lig (insluitende lig se wisselwerking met materie en die bespeuring daarvan met optiese instrumente).
Gebruik:
• Optika beskryf gewoonlik die gedrag van sigbare, ultraviolet- en infrarooi lig.
Vertaling:
Engels: optics
Nederlands: optica
Nota:
• Afgelei van die antieke Griekse 'ὀπτική' of "ὀptiké", wat "voorkoms" of "kyk" beteken.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|