ondeursigtig [boodskap #133706] |
Wed, 23 September 2020 18:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ondeursigtig
Afbreking: on•deur•sig•tig
Samestelling: on- + deursigtig
Byvoeglike naamwoord: ondeursigtig
Attributief: ondeursigtige
Partitief: ondeursigtigs
Betekenis:
• Waardeur nie gesien kan word nie, omdat dit nie lig deurgelaat nie.
• Wat nie openbaar gemaak word nie.
Gebruik:
• Die lens van iemand met katarakte is wolkerig en raak mettertyd ondeursigtig.
• Die regering se tenderprosesse is ondeursigtig.
Antoniem:
• deursigtig
Afgelei:
• ondeursigtigheid
Vertaling:
Engels: opaque
Nederlands: ondoorzichtig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|