stapel [boodskap #133699] |
Wed, 23 September 2020 14:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stapel
Afbreking: sta•pel
Selfstandige naamwoord: stapel
Meervoud: stapels
Verkleinwoord: stapeltjie
Meervoud van verkleining: stapeltjies
Betekenis:
• 'n Hoeveelheid voorwerpe wat op 'n hoop gepak is.
Gebruik:
• Hy het 'n stapel boeke by die tweedehandse boekwinkel gekoop.
Spreekwoord:
• Dit word van stapel gestuur. [Aan die gang sit. Goed laat begin.]
Afgelei:
• brandstapel
Vertaling:
Engels: pile, stack, heap
Nederlands: stapel
Werkwoord: stapel
Verlede tyd: het gestapel
Betekenis:
• Bo-op mekaar pak; ophoop.
Gebruik:
• Sy het die boeke op mekaar gestapel.
Afgelei:
• opstapel
Vertaling:
Engels: to pile, stack, heap up
Nederlands: stapelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|