| doepa [boodskap #133698] |
Wo., 23 September 2020 14:16 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25529 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
doepa
Afbreking: doe•pa
Selfstandige naamwoord: doepa
Meervoud: doepas
Verkleinwoord: doepatjie
Meervoud van verkleining: doepatjies
Betekenis:
• 'n Tradisionele middel wat glo genesende, beskermende of bonatuurlike kragte het (o.a. 'n liefdesdrankie of gesondmakertjie).
Gebruik:
• Sy het doepa by die toordokter gekoop om haarself teen slegte geluk te beskerm.
Sinoniem:
• moeti
• paljas
• toorgoed
• toormiddel
Vertaling:
Engels: magic-potion, philtre, dope
Nederlands: toverdrank
Werkwoord: doepa
Verlede tyd: het gedoepa
Betekenis:
• Om te toor of te betower.
Gebruik:
• Iemand het haar drankie gedoepa.
Vertaling:
Engels: to dope, drug
Nederlands: drugs toedienen
Nota:
• Van Maleis, dupa, wat "wierook" beteken, 'n soort poeier wat Maleiers vir die aangename reuk daarvan in moskees brand. Volgens bygeloof is dit 'n toormiddel.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|