miet [boodskap #133697] |
Wed, 23 September 2020 13:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
miet
Afbreking: miet
Selfstandige naamwoord: miet
Meervoud: miete
Verkleinwoord: mietjie
Meervoud van verkleining: mietjies
Betekenis:
• (verouderd) 'n Myt; mikroskopiese parasiet wat baie soos 'n klein spinnekoppie lyk.
Gebruik:
• Jeuksiekte word deur 'n onderhuidse miet veroorsaak.
Sinoniem:
• akarus
• myt
Afgelei:
• mietbesmetting
• mietplaag
Homofoon:
• mied (opgestapelde hoop hooi, strooi of gerwe)
Vertaling:
Engels: mite, tuberworm
Nederlands: mijt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|