veil [boodskap #133695] |
Wo, 23 September 2020 13:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
veil
Afbreking: veil
Werkwoord: veil
Verlede tyd: het geveil
Betekenis:
• Op 'n openbare verkoping verkoop.
Gebruik:
• Die skilderye word môre geveil.
Afgelei:
• opveil
Homofoon:
• feil (deftig vir fout)
• vyl (gereedskap om iets dunner en gladder te maak)
Vertaling:
Engels: to sell by auction, put up for sale
Nederlands: veilen
Byvoeglike naamwoord: veil
Betekenis:
• (verouderd) Wat te koop aanbied word; vir geld beskikbaar is.
Gebruik:
• Die soldaat het sy lewe veil vir sy land.
Spreekwoord:
• Goed en bloed veil hê vir 'n saak. [Om jou lewe en besittings vir 'n saak te gee.]
Afgelei:
• veiling
Vertaling:
Engels: for sale
Nederlands: veil
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|