pantoen [boodskap #133677] |
Tue, 22 September 2020 11:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
pantoen
Afbreking: pan•toen
Selfstandige naamwoord: pantoen
Meervoud: pantoens
Betekenis:
• 'n Digvorm met 12 reëls in 3 strofes, waarvan sekere versreëls moet herhaal om die geheel te vorm.
Gebruik:
• Die pantoen met sy herhalende versreëls is een van die digter se instrumente om 'n gedig met net ses oorspronklike reëls te skep, wat stelselmatig tot twaalf reëls verdubbel.
Vertaling:
Engels: pantoum
Nederlands: pantoum
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|