fantoom [boodskap #133670] |
Mon, 21 September 2020 12:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
fantoom
Afbreking: fan•toom
Selfstandige naamwoord: fantoom
Meervoud: fantome
Verkleinwoord: fantoompie
Meervoud van verkleining: fantoompies
Betekenis:
• 'n Geestesverskyning of angswekkende droombeeld.
• 'n Oefenpop wat vir geneeskundige onderwys gebruik word.
Gebruik:
• Die sanger het soos 'n fantoom sy verskyning op die mistige verhoog gemaak.
• Die mediese studente oefen eers die prosedure op 'n fantoom.
Sinoniem:
• droombeeld
• hersenskim
• skrikbeeld
• skynbeeld
• spookbeeld
• spookgestalte
Afgelei:
• fantomig
Vertaling:
Engels: phantom, apparition, ghost
Nederlands: fantoom
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|