wand [boodskap #133663] |
Mon, 21 September 2020 07:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wand
Afbreking: wand
Selfstandige naamwoord: wand
Meervoud: wande
Verkleinwoord: wandjie
Meervoud van verkleining: wandjies
Betekenis:
• 'n Vertikaal oprysende skeiding, soos 'n muur, afskeiding of afskorting.
Gebruik:
• Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie is die mooiste in die land.
• Die vlamme flikker onheilspellend teen die grot se wande.
Homofoon:
• want (omdat)
Afgelei:
• binnewand
• buitewand
• rotswand
• selwand
Vertaling:
Engels: wall, face
Nederlands: wand
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|