| toevoeg [boodskap #133630] |
Sa., 19 September 2020 16:44 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24155 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toevoeg
Afbreking: toe•voeg
Samestelling: toe + voeg
Werkwoord: voeg toe, toevoeg
Verlede tyd: het toegevoeg
Teenwoordige deelwoord: toevoegend, toevoegende
Verlede deelwoord: toegevoegde
Betekenis:
• Om iets by iets anders te voeg; tot vermeerdering bysit.
• Om aan te las by wat reeds gesê is.
Gebruik:
• Jy kan sout toevoeg as die kos laf proe.
• Sy het toegevoeg dat dit gevaarlik is om saans laat uit te gaan.
Sinoniem:
• bysit
• byvoeg
Afgelei:
• toevoeging
• toevoegsel
Vertaling:
Engels: to add, join
Nederlands: toevoegen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|