slytasie [boodskap #133622] |
Sat, 19 September 2020 14:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
slytasie
Afbreking: sly•ta•sie
Selfstandige naamwoord: slytasie
Meervoud: –
Betekenis:
• Skade wat geleidelik deur langdurig gebruik aangerig word.
Gebruik:
• Olie kan die oormatige slytasie van 'n enjin voorkom, maar vuil olie kan dit vererger.
Sinoniem:
• afslyting
• verslyting
• wegslyting
Verwant:
• slyt (ww.)
Vertaling:
Engels: wear, wear and tear, wastage
Nederlands: slijtage
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|