veldkool [boodskap #133619] |
Sat, 19 September 2020 11:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
veldkool
Afbreking: veld•kool
Samestelling: veld + kool
Selfstandige naamwoord: veldkool
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Plant wat in die weste van Suid-Afrika aangetref word, Trachyandra falcata.
Gebruik:
• Veldkoolbredie is 'n besonderse lekkerny, maar die veldkool waarvan dit gemaak word kan slegs in die winter gepluk word.
Sinoniem:
• bokkool
• hotnotskool
Vertaling:
Engels: wild cabbage
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|