Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » klemtoon
klemtoon [boodskap #133617] Sat, 19 September 2020 09:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
klemtoon
Afbreking: klem•toon
Samestelling: klem + toon


Selfstandige naamwoord: klemtoon
Meervoud: klemtone

Betekenis:
• Die sterker intonasie waarmee 'n lettergreep van 'n woord uitgespreek word.

Gebruik:
• Die klemtoon word soms met 'n klemtoonteken aangedui, soos in ágteruitgang en afterúítgang.

Sinoniem:
• aksent
• nadruk

Afgelei:
• beklemtoon
• hoofklemtoon
• klemtoonhomogram
• klemtoonteken

Afkorting:
• klemt.

Vertaling:
Engels: stress, accent, emphasis
Nederlands: klemtoon

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: jaargety
Volgende onderwerp: krakeel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 00:05:23 UTC 2025