lankmoedig [boodskap #133607] |
Fri, 18 September 2020 14:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
lankmoedig
Afbreking: lank•moe•dig
Byvoeglike naamwoord: lankmoedig
Attributief: lankmoedige
Betekenis:
• Wat geduldig en toegewend is; baie verdra en nie kwaad word nie.
Gebruik:
• Die liefde is lankmoedig en vriendelik. [I Korinthiërs 13:4]
Sinoniem:
• geduldig
• toegewend
• tolerant
• verdraagsaam
Afgelei:
• lankmoedigheid
Vertaling:
Engels: lenient, tolerant, forbearing, forgiving, patient
Nederlands: lankmoedig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|