klipdas [boodskap #133599] |
Thu, 17 September 2020 20:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
klipdas
Afbreking: klip•das
Samestelling: klip + das
Selfstandige naamwoord: klipdas
Meervoud: klipdasse
Verkleinwoord: klipdassie
Meervoud van verkleining: klipdassies
Betekenis:
• 'n Soort dassie wat dwarsoor Suid-Afrika voorkom, Procavia capensis.
Gebruik:
• Die klipdas is die bekendste verteenwoordiger van die dassiefamilie, waarvan die voorlopers aan olifante, renosters en tapirs verwant was.
Vertaling:
Engels: klipdas, klipdachs
Nederlands: klipdas
Nota:
• Word hoofsaaklik in die verkleiningsvorm, klipdassie, gebruik.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|