beterweterig [boodskap #133585] |
Thu, 17 September 2020 06:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
beterweterig
Afbreking: be•ter•we•te•rig
Samestelling: beter + weterig
Byvoeglike naamwoord: beterweterig
Attributief: beterweterige
Betekenis:
• Soos iemand wat dink dat hy altyd beter weet as al die ander.
Gebruik:
• Die kinders wat astrant en beterweterig is, is gewoonlik nie baie gewild by die skool nie.
Sinoniem:
• eiesinnig
• eiewys
• wysneusig
Afgelei:
• beterweterigheid
Vertaling:
Engels: know-it-all
Nederlands: betweter
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|