Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dokumentêr
dokumentêr [boodskap #133576] Wed, 16 September 2020 13:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
dokumentêr
Afbreking: do•ku•men•têr
Uitspraak: /ˌdʊə̯.ky.mɛnˈtɛːr/


Selfstandige naamwoord: dokumentêr
Meervoud: dokumentêre
Verkleinwoord: dokumentêrtjie
Meervoud van verkleining: dokumentêrtjies

Betekenis:
• Fliek, radio- of TV-program met feitelike inhoud wat iets dokumenteer.

Gebruik:
• Het jy die nuutste dokumentêr oor klimaatsverandering gesien?

Wisselvorm:
• dokkie

Vertaling:
Engels: documentary
Nederlands: documentaire


Byvoeglike naamwoord: dokumentêr
Attributief: dokumentêre

Betekenis:
• Wat op dokumente berus; as dokumentasie dien.

Gebruik:
• Dit is noodsaaklik om alle aantygings met dokumentêre bewyse te staaf.

Vertaling:
Engels: documentary
Nederlands: documentair

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: silwerdoek
Volgende onderwerp: collage
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 00:14:04 UTC 2025