| woonwa [boodskap #133572] |
Wo., 16 September 2020 11:24 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24169 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Woonwa.
woonwa
Afbreking: woon•wa
Samestelling: woon + wa
Selfstandige naamwoord: woonwa
Meervoud: woonwaens
Verkleinwoord: woonwaentjie
Meervoud van verkleining: woonwaentjies
Betekenis:
• Sleepwa waarin mens kan bly en slaap, wat tipies vir vakansies gebruik word.
Gebruik:
• Ná sy aftrede het hy en sy vrou die wêreld met sy woonwa deurkruis.
Sinoniem:
• karavaan
Vertaling:
Engels: caravan
Nederlands: karavaan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|