klik [boodskap #133560] |
Tue, 15 September 2020 14:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
klik
Afbreking: klik
Selfstandige naamwoord: klik
Meervoud: klikke
Verkleinwoord: klikkie
Meervoud van verkleining: klikkies
Betekenis:
• 'n Kort, sagte klapgeluid.
• (rekenaars) Keuse op 'n rekenaar gemaak deur êrens te druk (muis of raakskerm).
• (taalkunde) 'n Suigklank; nie-pulmonale medeklinker gevorm deur 'n dubbele afsluiting met die tong of die lippe wat met 'n plof losgetrek word.
Gebruik:
• Druk die knoppie tot jy 'n klik hoor.
• Jy kan al jou data met een klik uitgewis.
• Xhosa het drie klikke wat as c, x en q geskryf word, wat elk in ses variante uitgespreek kan word.
Vertaling:
Engels: click; mouse press
Nederlands: klik
Werkwoord: klik
Verlede tyd: het geklik
Betekenis:
• 'n Geheim oorvertel; iemand verraai; skinder.
• 'n Kort, sagte klapgeluid maak.
• (rekenaars) Rekenaarmuis se knoppie druk of op 'n rekenaarskerm druk om 'n keuse uit te oefen.
Gebruik:
• Kan ons jou vertrou of gaan jy op ons klik?
• Moenie so met jou tong klik nie.
• Klik op die groen knoppie. Klik hier, klik daar, en siedaar! Die webblad bied een-klik-toegang tot die inligting wat u benodig.
Afgelei:
• klikbek
• klikkery
Vertaling:
Engels: to click; to squeal, snitch; click
Nederlands: klikken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|