kleinserig [boodskap #133546] |
Mon, 14 September 2020 20:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kleinserig
Afbreking: klein•se•rig
Byvoeglike naamwoord: kleinserig
Vergrotende trap: kleinseriger
Oortreffende trap: kleinserigste
Attributief: kleinserige
Betekenis:
• Wat gou pyn voel en maklik seerkry, of figuurlik, liggeraak.
Gebruik:
• Moenie so kleinserig wees nie.
Sinoniem:
• fyngevoelig
• liggeraak
• sensitief
Afgelei:
• kleinserigheid
Vertaling:
Engels: easily hurt, touchy
Nederlands: kleinzerig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|