verbindingswoord [boodskap #133509] |
Sun, 13 September 2020 07:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verbindingswoord
Afbreking: ver•bin•dings•woord
Samestelling: verbinding + -s- + woord
Uitspraak: /fərˈbəndəŋsvuə̯rt/
Selfstandige naamwoord: verbindingswoord
Meervoud: verbindingswoorde
Verkleinwoord: verbindingswoordjie
Meervoud van verkleining: verbindingswoordjies
Betekenis:
• 'n Woord (of woordgroep) wat die verband tussen sinne of sinsdele aandui.
Gebruik:
• Woorde soos mits, derhalwe, ofskoon, indien, hoewel, aangesien, vervolgens, terwyl, volgende, teenoor en toe is verbindingswoorde.
Sinoniem:
• konjunksie
• voegwoord
Vertaling:
Engels: conjunction
Nederlands: verbindingswoord, signaalwoord
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|