aartsengel [boodskap #133506] |
Sun, 13 September 2020 07:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aartsengel
Afbreking: aarts•en•gel
Selfstandige naamwoord: aartsengel
Meervoud: aartsengele
Verkleinwoord: aartsengeltjie
Meervoud van verkleining: aartsengeltjies
Betekenis:
• 'n Engel wat 'n hoë posisie beklee; wat ander engele lei.
Gebruik:
• Pous Sagarias het 'n konsilie in 745 belê wat bepaal dat die aartsengel Uriël nie soos die aartsengele Rafaël, Michaël en Gabriël vereer mag word nie, omdat Uriël slegs in die Apokriewe boek Esra vermeld word.
Vertaling:
Engels: archangel
Nederlands: aartsengel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|