Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aanhangsel
aanhangsel [boodskap #133503] Sun, 13 September 2020 06:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanhangsel
Afbreking: aan•hang•sel


Selfstandige naamwoord: aanhangsel
Meervoud: aanhangsels
Verkleinwoord: aanhangseltjie
Meervoud van verkleining: aanhangseltjies

Betekenis:
• 'n Ding wat aan iets groters of belangrikers hang.
• 'n Toevoegsel of aanhegsel, soos 'n dokument wat by 'n e-pos ingesluit word.

Gebruik:
• Die blindederm is 'n nuttelose aanhangsel wat verwyder kan word.
• Ek stuur sommer die dokument as aanhangsel saam met die e-pos.

Spreekwoord:
• Hy is 'n nuttelose aanhangsel op kantoor. [Hy voeg nie waarde toe nie; onbelangrike persoon.]

Afgelei:
• dermaanhangsel

Afkorting:
• aanh.

Verwant:
• addendum
• bylaag

Vertaling:
Engels: appendix; attachment, addendum, supplement
Nederlands: aanhangsel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bylaag
Volgende onderwerp: aanbieding
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 23:39:20 UTC 2025