troep [boodskap #133498] |
Sat, 12 September 2020 19:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
troep
Afbreking: troep
Selfstandige naamwoord: troep
Meervoud: troepe
Verkleinwoord: troepie
Meervoud van verkleining: troepies
Betekenis:
• Groep soldate; manskappe; krygsvolk.
• Enkele soldaat, gewoonlik van 'n lae rang; troepie.
• (verouderd) 'n Georganiseerde groep mense, soos 'n toneelgeselskap.
Gebruik:
• Tydens die opleiding is hy as leier van sy troep aangewys.
• Die troep kon nie 'n saamrygeleentheid kry nie en moes die naweek in die kamp deurbring.
• Die troep toer met hulle vertoning deur die land.
Vertaling:
Engels: troop
Nederlands: troep
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|