Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » palindroom
palindroom [boodskap #133483] Sat, 12 September 2020 08:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
palindroom
Afbreking: pa•lin•droom


Selfstandige naamwoord: palindroom
Meervoud: palindrome, palindrooms
Verkleinwoord: palindroompie
Meervoud van verkleining: palindroompies

Betekenis:
• 'n Simmetriese woord; woord wat van links na regs gelees dieselfde is as wanneer dit van regs na links gelees word.

Gebruik:
• Woorde soos pap, kok, ete, dood, lepel, papajapap en droommoord is palindrome.

Sinoniem:
• keerwoord

Verwant:
• kreefdig

Vertaling:
Engels: palindrome
Nederlands: palindroom

Nota:
• Van Grieks: πάλιν, "opnuut" en δρόμος, "(deur)loop".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: plantkunde
Volgende onderwerp: wend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 00:12:36 UTC 2025