| kroonblaar [boodskap #133476] |
Sa., 12 September 2020 07:35 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Nommer 16 is 'n kroonblaar en 17 'n kelkblaar.
kroonblaar
Afbreking: kroon•blaar
Samestelling: kroon + blaar
Selfstandige naamwoord: kroonblaar
Meervoud: kroonblare
Verkleinwoord: kroonblaartjie
Meervoud van verkleining: kroonblaartjies
Betekenis:
• Die gewysigde blare wat die voortplantingsdele van blomme omring en gekleurd is om bestuiwers te lok.
Gebruik:
• Al die kroonblare van 'n blom word gesamentlik die blomkroon genoem.
Sinoniem:
• blomblad
Vertaling:
Engels: petal
Nederlands: kroonblad, bloemblad
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|