kameelboom [boodskap #133474] |
Sat, 12 September 2020 07:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kameelboom
Afbreking: ka•meel•boom
Samestelling: kameel + boom
Uitspraak: /kɑˈmiə̯ɫbuə̯m/, /kəˈmiə̯ɫbuə̯m/
Selfstandige naamwoord: kameelboom
Meervoud: kameelbome
Verkleinwoord: kameelboompie
Meervoud van verkleining: kameelboompies
Betekenis:
• Immergroen doringboom met 'n wydgestrekte kroon wat peule dra, tot 20 meter hoog, Vachellia erioloba.
Gebruik:
• kameelboom het sy naam te danke aan kameelperde wat algemeen aan die hoë blare wat buite die bereik van kleiner diere is vreet.
Sinoniem:
• kameeldoring
Vertaling:
Engels: camel-thorn, camel's-thorn
Nederlands: kameeldoorn
Zoeloe: umngamanzi
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|