lakseermiddel [boodskap #133460] |
Fri, 11 September 2020 15:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
lakseermiddel
Afbreking: lak•seer•mid•del
Samestelling: lakseer + middel
Selfstandige naamwoord: lakseermiddel
Meervoud: lakseermiddels
Verkleinwoord: lakseermiddeltjie
Meervoud van verkleining: lakseermiddeltjies
Betekenis:
• Medisyne teen hardlywigheid wat die stoelgang sagmaak en die maag laat werk.
Gebruik:
• Watter lakseermiddel werk die beste, kasterolie of kaskara?
• Moet nooit 'n lakseermiddel en slaappille saam neem nie!
Sinoniem:
• laksatief
• purgeermiddel
Vertaling:
Engels: laxative
Nederlands: laxeermiddel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|