bibliomanie [boodskap #133455] |
Fri, 11 September 2020 06:44 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bibliomanie
Afbreking: bi•blio•ma•nie
Selfstandige naamwoord: bibliomanie
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Oordrewe begeerte om boeke te versamel en baie boeke te besit, sonder dat dit noodwendig gelees word, tot die punt waar dit die persoon se gesondheid of sosiale interaksie belemmer.
Gebruik:
• Die aankoop van verskeie weergawes van dieselfde boek of die grootskaalse aankoop van boeke waarvoor die bibliomaan nie tyd het om te lees nie, is tipiese kenmerke van bibliomanie.
Verwant:
• bibliomaan
Vertaling:
Engels: bibliomania
Nederlands: bibliomanie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|