Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » darwinvink
darwinvink [boodskap #133446] Thu, 10 September 2020 10:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Darwinvinke is bekend vir hul groot verskeidenheid snawelvorms en -funksies.
Darwinvinke is bekend vir hul groot verskeidenheid snawelvorms en -funksies.
darwinvink
Afbreking: dar•win•vink
Samestelling: Darwin + vink


Selfstandige naamwoord: darwinvink
Meervoud: darwinvinke
Verkleinwoord: darwinvinkie
Meervoud van verkleining: darwinvinkies

Betekenis:
• 'n Sangvoël van die familie Thraupidae, wat die eerste keer deur Charles Darwin op die Galápagos-eilande versamel is.

Gebruik:
• Die darwinvink is nie naby verwant aan ware vinke nie en word soms in die subfamilie Geospizinae of die tribus Geospizini geklassifiseer.

Sinoniem:
• galápagosvink

Vertaling:
Engels: Darwin's finch
Nederlands: darwinvink

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: douvoordag
Volgende onderwerp: buitelands
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 23:14:28 UTC 2025