| kief [boodskap #133424] |
Wo., 09 September 2020 12:49 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24165 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Nommer 4 is die kief.
kief
Afbreking: kief
Selfstandige naamwoord: kief
Meervoud: kiewe
Verkleinwoord: kiefie
Meervoud van verkleining: kiefies
Betekenis:
• Orgaan waarmee diere (soos visse) in water asemhaal.
Gebruik:
• Visse het gewoonlik inwendige kiewe, teryl padavisse en salamanders uitwendige kiewe' het.
Sinoniem:
• kieu
Afgelei:
• kiefdeksel
• kiefholte
• kiefnet
• kiefopening
• kiefspleet
Vertaling:
Engels: gill, branchia
Nederlands: kieuw
Byvoeglike naamwoord: kief
Vergrotende trap: meer kief
Oortreffende trap: kiefste
Partitief: kief
Betekenis:
• (informeel) Wonderlik, goed of lekker.
Gebruik:
• Dit is 'n kief kar!
Vertaling:
Engels: great, excellent, cool, awesome
Nederlands: kieuw
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|