Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » strooi
strooi [boodskap #133394] Mon, 07 September 2020 15:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Strooi.
Strooi.
strooi
Afbreking: strooi


Selfstandige naamwoord: strooi
Meervoud:

Betekenis:
• Die droë halms van gedorste graangewasse.
• (informeel) Onsin.

Gebruik:
• Die strooi word in bale gepers.
• Nou praat jy strooi.

Spreekwoord:
• Nie eers 'n strooi breek nie. [Hoegenaamd geen werk doen nie.]
• Niemand 'n strooi in die weg lê nie. [Niemand kwaad doen of hinder nie.]
• Dis die laaste strooi wat die kameel se rug breek. [Die ding wat die krisis laat ontstaan.]
• Die perd wat die hawer verdien, kry die strooi. [Diegene wat die hardste werk, kry dikwels die minste beloning.]

Afgelei:
• strooidak
• strooihalm
• strooihoed
• strooiman
• strooimatras

Vertaling:
Engels: straw
Nederlands: stro


Werkwoord: strooi
Verlede tyd: het gestrooi
Teenwoordige deelwoord: strooiende

Betekenis:
• Verspreid oor 'n oppervlak uitgooi; sprinkel.

Gebruik:
• Sy strooi die saad in die bedding.

Spreekwoord:
• Rose op iemand se pad strooi. [Iemand se lewe veraangenaam.]

Afgelei:
• strooibiljet
• strooimeisie
• strooisel

Verwant:
• strooiing
• uitstrooi
• verstrooi

Vertaling:
Engels: to sprinkle, scatter, strew
Nederlands: strooien

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aangehoudene
Volgende onderwerp: wonderwerk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 21:57:57 UTC 2025