| omdraai [boodskap #133392] |
Ma., 07 September 2020 14:37 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24152 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
omdraai
Afbreking: om•draai
Samestelling: om + draai
Werkwoord: draai om, omdraai
Verlede tyd: het omgedraai
Teenwoordige deelwoord: omdraaiend, omdraaiende
Verlede deelwoord: omgedraaide
Betekenis:
• Om in die teengestelde rigting te draai of te gaan; 180 grade anderkant toe.
• Om rondom iets te draai.
Gebruik:
• Hy moes omdraai omdat hy sy beursie by die huis vergeet het.
• Die verpleegster het 'n verband omgedraai.
Spreekwoord:
• Doekies omdraai. [Iets wegsteek.]
• Dit was soos jy jou hand omdraai. [Dit was skielik.]
• Sy sal in haar graf omdraai. [Die oorledene sou 'n betrokke saak sterk afgekeur het.]
Afgelei:
• omdraaiing
Vertaling:
Engels: to turn round
Nederlands: omdraaien
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|