rottang [boodskap #133385] |
Mon, 07 September 2020 08:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
rottang
Afbreking: rot•tang
Selfstandige naamwoord: rottang
Meervoud: rottangs
Verkleinwoord: rottankie
Meervoud van verkleining: rottankies
Betekenis:
• Slaanding wat van 'n soort riet gemaak is.
• Lang, gedroogde stingels van sekere plante waarvan meubels gemaak word (geen meervoud).
Gebruik:
• Deesdae is dit teen die wet om die rottang in te lê. Kan jy jou indink wat al die ou rottang-in-die-hand-leermeesters hiervan sou sê?
• Die stoel is van rottang gemaak.
Sinoniem:
• bamboes
• lat
• riet
• roede
• slaanding
• tugroede
Afgelei:
• rottangkierie
• rottangmandjie
• rottangmeubels
• rottangolie
• rottangstoel
Vertaling:
Engels: rattan; cane, rod
Nederlands: rotan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|