| filatelis [boodskap #133362] |
So., 06 September 2020 17:18 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Posseëlalbum.
filatelis
Afbreking: fi•la•te•lis
Selfstandige naamwoord: filatelis
Meervoud: filateliste
Verkleinwoord: filatelissie
Meervoud van verkleining: filatelissies
Betekenis:
• Iemand wat posseëls versamel en bestudeer.
Gebruik:
• Die filatelis gebruik 'n seëltangetjie en 'n vergrootglas om sy seëls te sorteer.
Sinoniem:
• posseëlversamelaar
• seëlversamelaar
Verwant:
• filatelie
• filatelisties
Vertaling:
Engels: philatelist, stamp-collector
Nederlands: filatelist, postzegelverzamelaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|