bronstydperk [boodskap #133333] |
Sat, 05 September 2020 09:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bronstyd
Afbreking: brons•tyd
Samestelling: brons + tyd
Uitspraak: /ˈbronstəɪ̯t/
Selfstandige naamwoord: bronstyd
Meervoud: bronstye
Betekenis:
• Prehistoriese periode waartydens die mens met koper- en bronswerktuie (eerder as klipwerktuie) begin werk het.
• Paartyd by diere, waartydens hulle bronstig is.
Gebruik:
• Die Bronstydperk strek van ongeveer 3000 tot 800 v.C. tussen die Steen- en die Ystertydperk.
• By skape is die paartyd tot een seisoen beperk, terwyl beeste en perde geen bepaalde bronstyd het nie.
Afgelei:
• bronstigheid
• bronstydperk
Vertaling:
Engels: Bronze Age
Nederlands: bronstijd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|