ongevoeligmaking [boodskap #133324] |
Sat, 05 September 2020 07:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ongevoeligmaking
Afbreking: on•ge•voe•lig•ma•king
Samestelling: ongevoelig + making
Selfstandige naamwoord: ongevoeligmaking
Meervoud: –
Betekenis:
• Die sinne vir sekere prikkels onsensitief of ongevoelig maak, o.a. as mediese behandeling teen fobies, waar die pasiënt toenemend aan vreesinduserende stimuli blootgestel word.
Gebruik:
• Word Suid-Afrikaners nie dalk aan opsetlike ongevoeligmaking onderwerp, omdat die regering nie beter oplossings vir die hoë vlakke van geweld, moord en onverdraagsaamheid kan vind nie?
Sinoniem:
• desensitasie
• desensitering
Vertaling:
Engels: desensitization
Nederlands: desensitisatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|