Betekenis:
• 'n Stuurmeganisme aan die vlerk van 'n vliegtuig wat die vliegtuig om sy lengte-as laat kantel.
Gebruik:
• Wanneer die een rolroer oplig, beweeg die ander een af om die vliegtuig te laat rol.
• Die vlieënier het die rolroere gebruik om die vliegtuig in die turbulente lug te stabiliseer.
Verwant:
• hoogteroer
• rigtingroer
Vertaling:
Engels: aileron
Nederlands: rolroer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.