Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ratel
ratel [boodskap #133316] Vr., 04 September 2020 16:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25945
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Ratel.
'n Ratel.
'n Ratel.
'n Ratel.
ratel
Afbreking: ra•tel


Selfstandige naamwoord: ratel
Meervoud: ratels
Verkleinwoord: rateltjie
Meervoud van verkleining: rateltjies

Betekenis:
• Aggressiewe soogdier van Afrika en dele van Asië met kort bene en 'n dik vel, Mellivora capensis.
• Musiekinstrument of speelding wat lawaai as dit geskud of gedraai word.
• 'n Lawaai of geraas (wat aan klank van die instrument herinner).

Gebruik:
Ratels is karnivore, maar hulle het 'n besondere voorliefde vir byekorwe.
• Die baba speel graag met sy ratel.
• Die werktuigkundige het die ratel opgespoor en reggemaak.

Afgelei:
• ratelbek
• ratelkous
• ratelslang
• rateltaai

Vertaling:
Engels: honey badger; rattle
Nederlands: honingdas; ratel


Werkwoord: ratel
Verlede tyd: het geratel

Betekenis:
• Om te raas soos voorwerpe wat teen mekaar klap.

Gebruik:
• Jou kar ratel, miskien moet jy hom invat vir 'n diens.

Afgelei:
• rateling

Vertaling:
Engels: to rattle
Nederlands: ratelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: blatjang
Volgende onderwerp: skatkis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Jul. 29 02:00:38 UTC 2026