woud [boodskap #133281] |
Tue, 01 September 2020 13:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
woud
Afbreking: woud
Selfstandige naamwoord: woud
Meervoud: woude
Verkleinwoord: woudjie
Meervoud van verkleining: woudjies
Betekenis:
• 'n Stuk land wat dig met bome begroei is.
Gebruik:
• 'n Bos bome word amptelik as 'n woud geklassifiseer as meer as 64% van die lug met boomtoppe bedek is.
Hiponiem:
• naaldwoud
• loofwoud
• reënwoud
Afgelei:
• woudduiwel
• woudgod
• woudreus
• woudtoneel
Vertaling:
Engels: forest, wood
Nederlands: woud
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|