lentedag [boodskap #133275] |
Tue, 01 September 2020 11:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
lentedag
Afbreking: len•te•dag
Samestelling: lente + dag
Selfstandige naamwoord: lentedag
Meervoud: lentedae
Verkleinwoord: lentedaggie
Meervoud van verkleining: lentedaggies
Betekenis:
• 'n Dag in September, Oktober of November (in die Suidelike Halfrond).
• Die eerste dag van die lente, 1 September (meestal met 'n hoofletter: Lentedag).
Gebruik:
• Dit was 'n heerlike lentedag in Oktober, die bome het gebot en die voëltjies het vrolik gesing.
• Mag God jou seën op hierdie mooi Lentedag!
Antoniem:
• herfsdag
• lentenag
Vertaling:
Engels: day in spring; spring day
Nederlands: lentedag
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|