megalomanie [boodskap #133267] |
Mon, 31 August 2020 08:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
megalomanie
Afbreking: me•ga•lo•ma•nie
Selfstandige naamwoord: megalomanie
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Geestesversteuring wat daartoe lei dat iemand sy eie belangrikheid totaal oorskat; sieklike selfoorskatting.
Gebruik:
• Sommige van ons ministers ly oënskynlik aan megalomanie.
Sinoniem:
• grootheidswaan
• grootheidswaansin
• selfoorskatting
Verwant:
• megalomaan
• megalomaniak
Vertaling:
Engels: megalomania
Nederlands: megalomanie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|