Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » salaris
salaris [boodskap #133241] Sa., 29 Augustus 2020 20:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24168
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
salaris
Afbreking: sa•la•ris


Selfstandige naamwoord: salaris
Meervoud: salarisse
Verkleinwoord: salarissie
Meervoud van verkleining: salarissies

Betekenis:
• Beloning vir werk gelewer wat periodies (gewoonlik maandeliks) betaal word.

Gebruik:
• Wat maak 'n mens as jy nie met jou salaris uitkom nie?

Sinoniem:
• arbeidsloon
• besoldiging
• loon

Afgelei:
• salarisstrokie
• salarisverhoging
• salarisaftrekking
• salaristrekker

Vertaling:
Engels: salary, pay, wage
Nederlands: salaris

Nota:
• Van Latyn, sal, "sout" en later salarium, "soos sout", omdat sout eens baie waardevol was en Romeinse soldate met sout betaal is.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: maaltyd
Volgende onderwerp: misdaadtoneel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 22 20:29:20 UTC 2025