delegeer [boodskap #133214] |
Fri, 28 August 2020 21:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
delegeer
Afbreking: de•le•geer
Werkwoord: delegeer
Verlede tyd: het gedelegeer
Betekenis:
• Iemand afvaardig om jou te verteenwoordig of om iets namens jou te doen.
Gebruik:
• 'n Effektiewe leier delegeer nie net take nie, maar ook die verantwoordelikhede wat daarmee saam gaan.
Sinoniem:
• afvaardig
Afgelei:
• delegaat
• delegasie
• delegering
Vertaling:
Engels: to delegate
Nederlands: delegeren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|