piep [boodskap #133167] |
Wed, 26 August 2020 12:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
piep
Afbreking: piep
Werkwoord: piep
Verlede tyd: het gepiep
Betekenis:
• Om 'n hoë, fyn klank te maak, soos die geluid van 'n kuiken of muis.
• Om iemand buitengewoon sag te behandel.
Gebruik:
• 'n Mens hoor al die kuiken wat binne sy dop begin piep.
• Sy ma piep hom op.
Spreekwoord:
• Soos die oue sing, so piep die jonge. [Kinders praat hulle ouers na.]
Afgelei:
• pieperig
• pieperigheid
• piepklein
Vertaling:
Engels: to peep, squeak
Nederlands: piepen
Selfstandige naamwoord: piep
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Siekte wat verbeel word; ipekonders.
• Respiratoriese siekte by hoenders en anders voëls.
Gebruik:
• Hy het die piep.
• Piep veroorsaak dat 'n harde gedeelte op die hoender se tong vorm.
Vertaling:
Engels: pip, roup
Nederlands: piep
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|