blêr [boodskap #133142] |
Tue, 25 August 2020 08:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
blêr
Afbreking: blêr
Werkwoord: blêr
Verlede tyd: het geblêr
Teenwoordige deelwoord: blêrende
Betekenis:
• Die geluid wat 'n skaap of 'n bok maak.
• Lawaai maak; raas.
Gebruik:
• By Pramberg blêr 'n moflam van hongerte en dors. [Boerneef]
• Die bure se musiek blêr tot laat in die nag.
Sinoniem:
• bê
• mê
Afgelei:
• blêrkas
• blêrboks
Vertaling:
Engels: to bleat, baa
Nederlands: blèren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|