Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kandelaar
kandelaar [boodskap #133131] Mon, 24 August 2020 15:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kandelaar.
'n Kandelaar.
kandelaar
Afbreking: kan•de•laar


Selfstandige naamwoord: kandelaar
Meervoud: kandelare, kandelaars
Verkleinwoord: kandelaartjie
Meervoud van verkleining: kandelaartjies

Betekenis:
• 'n Staander vir kerse (gewoonlik meer as een, in teenstelling met 'n blaker).
• 'n Plant wat daaraan herinner.

Gebruik:
• 'n Groot, sewe-armige kandelaar is voor in die kerk aangebring.
• Die agapant met sy blou of wit lelieagtige blomme aan die top van 'n regop, kaal stingel staan ook as die kandelaar bekend.

Afgelei:
• kandelaarblom
• kandelaarbos
• kandelaarlelie

Vertaling:
Engels: candle-stick
Nederlands: kandelaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hoofweg
Volgende onderwerp: blaker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 20:28:20 UTC 2025