bars [boodskap #133129] |
Sun, 23 August 2020 18:33 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bars
Afbreking: bars
Selfstandige naamwoord: bars
Meervoud: barste
Verkleinwoord: barsie
Meervoud van verkleining: barsies
Betekenis:
• 'n Skeur of kraak in iets.
Gebruik:
• Daar is 'n bars in die muur.
Vertaling:
Engels: crack, burst, rip, tear
Nederlands: barst
Werkwoord: bars
Verlede tyd: het gebars
Teenwoordige deelwoord: barstende
Betekenis:
• Kraak, uitmekaar breek of in stukke spat.
Gebruik:
• Die muur is besig om te bars.
• Toe die bom bars het die mense in alle rigtings begin gehardloop.
Spreekwoord:
• Al bars die bottel. [Dit moet, al gebeur wat ook al.]
• Jy moet dit doen: buig of bars. [Ten alle koste iets doen.]
Vertaling:
Engels: to crack, burst, break, explode
Nederlands: barsten
Byvoeglike naamwoord: bars
Vergrotende trap: barser
Oortreffende trap: barsste
Attributief: bars
Betekenis:
• Onvriendelik, nors en nukkerig wees; stuurs; kortaf.
Gebruik:
• Met so 'n bars houding gaan jy nie ver kom nie.
Vertaling:
Engels: harsh, rough, gruff, surly
Nederlands: bars
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|